Christopher Lee

Christopher Lee
Lee by die Berlynse Internasionale Filmfees in 2013
Lee by die Berlynse Internasionale Filmfees in 2013

Geboortenaam Christopher Frank Carandini Lee
Geboorte 22 Mei 1922
Belgravia, Londen
Sterfte 7 Junie 2015 (op 93)
Chelsea, Londen
Nasionaliteit Engels
Beroep(e) Akteur, sanger, skrywer
Aktiewe jare 1946 tot 2015
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Christopher Lee
Lojaliteit Vlag van Finland Finland
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Finse Weermag (1939)
Britse Tuiswag (1940)
Koninklike Lugmag (1941–1946)
Jare in diens 1939–1946
Rang Luitenant
Veldslae/oorloë Winteroorlog
Tweede Wêreldoorlog
Noord-Afrikaanse Veldtog
Geallieerde Inval in Italië
Slag van Montecassino

Sir Christopher Lee, CBE, CStJ (27 Mei 19227 Junie 2015) was ’n Engelse akteur, sanger en skrywer. Met ’n loopbaan van nagenoeg 70 jaar het Lee aanvanklik die rolle van skurke vertolk en het hy bekendheid verwerf vir sy rol as Graaf Dracula in ’n reeks Hammer Riller-rolprente. Sy ander rolle sluit Francisco Scaramanga in die James Bond-rolprent The Man with the Golden Gun (1974), Saruman in The Lord of the Rings-rolprenttrilogie (2001–2003) en The Hobbit-rolprenttrilogie (2012–2014) en Graaf Dooku in die laaste twee van die Star Wars-voorlopertrilogie (2002 en 2005) in.

Lee is in 2009 tot ridder geslaan vir sy dienste tot drama en liefdadigheid, het die BAFTA Genootskap in 2011 ontvang en die BFI Genootskap in 2013.[1][2][3] Lee het sy beste vertolking as dié van die stigter van Pakistan, Mohammed Ali Jinnah, in die biografiese prent Jinnah (1998) beskou terwyl hy die Britse riller The Wicker Man (1973) as sy beste rolprent beskou.[4]

Lee was altyd as akteur uitgeken aan sy diep sterk stem maar hy was ook bekend vir sy sangvermoë en hy het deelgehad aan verskeie opera- en ander opnames tussen 1986 en 1998 waaronder die simfoniese metal-album Charlemagne: By the Sword and the Cross in 2010 nadat hy sedert 2005 met verskeie metal-groepe saamgewerk het. Die heavy metal-opvolg met die titel Charlemagne: The Omens of Death is op 27 Mei 2013 vrygestel.[5][6] Hy is in 2010 met die “Gees van Metal”-toekenning tydens die Metal Hammer Golden God-plegtigheid vereer.

  1. (en) "Hammer Riller-ster Lee tot ridder geslaan". BBC. 30 Oktober 2009. Besoek op 7 Mei 2012.
  2. "Christopher Lee gaan Bafta Genootskap ontvang" (in Engels). BBC. 8 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2019. Besoek op 7 Mei 2012.
  3. "Depp verras Sir Christopher Lee met rolprenttoekenning" (in Engels). BBC. 20 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 14 Desember 2013.
  4. "The Total Film Interview – Christopher Lee". Total Film (in Engels). 1 Mei 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2008. Besoek op 25 Augustus 2013.
  5. "Sir Christopher Lee stel twede heavy metal-album vry" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2016.
  6. Farrell, John (28 Mei 2012). "Christopher Lee vier 90ste verjaardag met opname van heavy metal-album" (in Engels). Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 29 Mei 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search